R 861 000 - Vacant Land For Sale in Kabeljous

Web Ref:  2309014
Area Kabeljous, Jeffreys Bay, Eastern Cape
Agency MOJO Properties

Marnus Van Tonder
0836571093
marnus@mojoproperties.co.za
Twin Valley Natuur Landgoed - Ontdek weer die plattelandse leefstyl van ouds

Welkom by Twin Valley Natuur Landgoed, waar ‘n rustige en amper vergete oudwêreldse leefstyl weer moontlik is. Hier smelt die ongetemde skoonheid van ‘n landelike omgewing soomloos saam moderne geriewe wat gekomplimenteer word deur asemrowende oop ruimtes en uitsigte.
Die landgoed rus teen die agtergrond van die betowerende kusdorpie Jeffreysbaai en die Hanekam bergreeks en bied ‘n merkwaardige leefstyl wat vryheid en volhoubaarheid in perfekte harmonie uitbeeld.
Die idilliese gevoel van gister kan eindelik weer ervaar word wanneer jy die ultra-veilige plaasomgewing binnegaan waar jy kinders sien fietsry en visvang in die plaasdamme. Dit tesame met die perdestalle en perdrygeriewe, staproetes en bergfietspaadjies, bevorder 'n buitelugleefstyl vir die hele gesin.
Die erf is 2700m² groot en bied eindelose potensiaal vir ‘n huis wat deur jou en jou gesin se drome bewaarheid kan word. ‘n Goed-deurdenkte ontwerp kan ‘n oase van binne/buite styl kombineer met ‘n praktiese benadering tot jou en jou gesin se behoeftes en om ook ‘n groener leefstyl te bevorder. Daar is ‘n totaal van 9 prag eiendomme wat reeds op die landgoed pronk en planne vir die volgendes is reeds goedgekeur om gebou te word.
Totaal vry van munisipale dienste, staan Twin Valley Natuur Landgoed as 'n baken van selfvoorsiening, waar elke aspek van die lewe in balans met die omgewing saamleef. Hier is sonkragstelsels ‘n vereiste en vars water word voorsien deur middel van ‘n standhoudende fontein op die landgoed.
‘n Oorvloed van wildspesies wat Swartwitpens, Njala, Bosbok, Gouewildebees, Sebra en Rooibok insluit, komplimenteer die reedsbestaande natuurlewe wat vrylik op die landgoed en tussen die wonings rondbeweeg. Ongeveer 152 voëlspesies word ook hier aangetref, wat die landgoed ‘n paradys maak vir enige ywerige voëlkykers.
Afgesien van die rustige en beeldskone natuurlike omgewing en aktiwiteite, bied Twin Valley jou die leefstyl, alles terwyl dit steeds naby belangrike stede, skole, inkopiesentrums en wêreldklas mediese sorg is. Betree 'n wêreld waar kalmte en volhoubaarheid saam bestaan, en waag 'n reis na 'n werklik gebalanseerde en vervullende leefstyl.

Skakel ons gerus om die verskeie opsies te besigtig wat in hierdie merkwaardige landgoed beskikbaar is.


Erf Size 2 700 m² Pet Friendly